Gustaf Pienaar, ‘n inwoner van Hoekbaai in Vleesbaai, is al vir ‘n geruime tyd bekend vir sy gereelde weeklikse rubrieke in Die Burger (https://www.netwerk24.com/za/die-burger) en op Litnet (https://www.litnet.co.za/) oor stories uit ons regserfenis. Hy het nou ‘n keur van 100 stories daaruit gekies wat nou in ‘n boek gepubliseer is met die titel: REGSALMANAK: 100 stories uit ons regserfenis (Protea Boekhuis). Gustaf is ‘n afgetrede maar skrywende regsgeleerde en ook bekend as ‘n klassieke en kerklike musikant. Baie geluk met hierdie prestasie, Gustaf. Hou maar jou regsoog op die Hoekbaaiers in die hoop dat hulle die pad reguit sal loop