Vleesbaai Dienste MSW/NPC
lllVleesbaai Dienste (VD) is ‘n geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk (MSW – in Engels non-profit company (NPC)) wat ingevolge sy geregistreerde MOI (Memorandum of Incorporation) funksioneer. Die Maatskappy lewer nutsdienste aan die inwoners van Vleesbaai wat die volgende insluit: water- en elektrisiteitsvoorsiening; finansiële bestuur; vullisverwydering; toegangsbeheer; en die bedryf en instandhouding van die water-, elektrisiteits- en rioolnetwerke sowel as die gemeenskaplike paaienetwerk.
Die Maatskappy se lede bestaan uit die sewe entiteite, nl. drie aandeleblokmaatskappye (Vleesbaai Aandeleblok (VAB), Visbaai en Keerom) en vier huiseienaarsverenigings (Hoekbaai, Karmosyn, Driehoek en Kloofsig). Elke entiteit is geregtig om ‘n aantal direkteure op grond van die aantal erwe in sy grondgebied, te benoem om op die Direksie van die Maatskappy te dien. Die dag-tot-dag bestuur van Vleesbaai word deur die Dagbestuur van die Direksie behartig.
Die kontakpersone vir VD en die sewe entiteite is soos volg:
| FUNKSIE | NAAM | E-POSADRES |
| VD Maatskappy Sekretaris | Pieter Uys | pieter.uys@epiuseanalytics.com |
| VD Finansiële Bestuurder | Nico Joubert | finansies@vleesbaai.co.za |
| VD Bedryfsbestuurder | Piet du Plessis | vleesbedryf@iafrica.com |
| Driehoek Sekretaris | Pieter le Grange | lagrange.pieter@gmail.com |
| Hoekbaai Sekretaris | Charl Serfontein | hoekbaai.hev@vodamail.co.za |
| Karmosyn Sekretaris | Charlotte Cilliërs | status7@status-mark.co.za |
| Keerom Sekretaris | Selma de Wet | selmadewet@gmail.com |
| Kloofsig Sekretaris | Heinrich Thiart | luhein@mweb.co.za |
| VAB Sekretaris | Chris Booysen | vab@vleesbaaivab.co.za |
| Visbaai Sekretaris | Anna-Marie Pretorius | anne-marie@omplaw.co.za |
Your content goes here. Edit or remove this text inline or in the module Content settings. You can also style every aspect of this content in the module Design settings and even apply custom CSS to this text in the module Advanced settings.