Noodplan
Noodnommers
| BRANDWEER | |
| Mosselbaai Brandweer | 044 691 3722, 044 606 5121 of 044 606 5107 |
|
Vleesbaai Brandspan Piet du Plessis Hendrik Coetzer Riekie van Rensburg Fransmanshoek Bewarea: |
082 058 0436 064 913 6016 082 784 8238 082 416 0488 |
| POLISIE | |
| SA Polisiediens | 044 606 2805, 044 606 5606 of 10111 |
| MEDIES | |
| Ambulans | 044 805 5070 of 10177 |
| ER24 | 084 124 |
| MB Provinsiale Hospitaal | 044 691 2011 |
| MB Life Hospitaal | 044 691 3718 |
| SEEREDDING | |
| Mosselbaai Brandweer | 044 691 3722 |
| NSRI | 044 690 4322 of 082 990 5954 |
| VLEESBAAI | |
| Vleesbaai Kantoor | 044 699 1242 of 044 699 1070 |
| Vleesbaai Hoofingang | 044 699 1570 of 060 763 0313 |
| Suid-Kaap Elektries | 082 553 1020 of 044 690 3267 |
Noodontruiming
Algemene wenke vir ontruiming van ‘n woonhuis in ‘n noodsituasie
- Pak die volgende vooraf geïdentifiseerde items in ‘n tas of houer wat vinnig verwyder kan word (bewaar die tas of houer intussen veilig sodat ‘n inbreker dit nie kan steel nie).
- Kaart en transport van die huis
- Oorspronklike registrasiedokumente van al die voertuie
- Laaste waardasie van die huis vir KWB doeleindes
- Vuurwapenlisensies
- Voorskrifte vir chroniese medisyne
- Oorspronklike sertifikate van akademiese kwalifikasies
- Oorspronklike sertifikate van beroepskwalifikasies
- Testament .
- Poliskontrakte vir pensioene, beleggings en lewens-, korttermyn- en begrafnisversekering
- Identiteitsdokumente en paspoorte
- Geboorte- en huweliksertifikate
- Kaarte vir bank, rybewys, mediese fonds, ens.
- Eksterne hardeskyf en/of geheuestokkie met alle persoonlike data
- Ou foto’s en ander waardevolle persoonlike items
- Ontruim die woonhuis met alle inwoners, troeteldiere en die tas of houer en beweeg na een van die volgende versamelpunte:
- In Hoekbaai die oop terrein voor die uitgangshek in Ysterhoutstraat
- Vleesbaai Dienste se kantoorterrein
- Die gemeenskapsaal in Hoofweg oorkant die kafee
Brandbestryding
Algemene wenke vir brandbestryding
- Brandblussers:
- Elke huis moet ‘n minimum van twee brandblussers van 4,5 kg elk hê. Indien ‘n 4,5 kg blusser te swaar is om te hanteer, kan dit vervang word met 2 of drie 2,0 kg blussers.
- Plaas een blusser binne onmiddellike bereik van die kombuis en die ander op ander strategiese plekke.
- Maak seker dat die tipe brandblussers wat aangeskaf word, meer as een soort brand kan blus. Op elke brandblusser is daar prentjies wat aantoon watter tipe brande dit kan blus.
- Daar bestaan blussers vir:
- Elektriese brande (elektriese bedrading van toebehore soos yskaste, muurproppe, waaiers, rekenaars, ens.)
- Ontvlambare vloeistofbrande (kook-olie, petrol, verf, terpentyn, remvloeistof, ens.)
- Droëmateriaal brande (hout, klere, linne, gordyne, papier, plastiek, ens.)
- Bêre verskillende tipe brandbare materiale uitmekaar (bv. swembadchloor weg van petrol), veral in die garage. Draai die deksels styf toe, want sommige stowwe gee gasse af en kan onder sekere omstandighede spontaan begin ontbrand.
- Brandblussers moet jaarliks gediens word. Al is die brandblusser met ‘n metertjie toegerus, is dit nie ‘n veilige indikasie dat die blusser nie gediens moet word as die metertjie nog in die groen is nie.
- Hou die erf skoon van brandbare materiaal soos indringerbosse/bome met dooietakke.
- Weet wie jou bure is en wat hulle telefoonnommers is.
- Dit word aanbeveel om rookalarms in huise te laat installeer.
- Beplan vooraf ontsnaproetes as daar ‘n brand in verskillende dele van die huis uitbreek.
- Bly kalm wanneer ‘n brand onstaan.
- As dit ‘n elektriese brand is, skakel dadelik die krag af. Moenie die brand met water probeer blus nie.
- As dit olie in ‘n pot is wat op die stoof aan die brand geslaan het, blus die brand met ‘n brandblusser of smoor dit deur die deksel van die kant af oor die pot te skuif. Moenie dit met water probeer blus nie.
- As dit olie in ‘n pot is wat op ‘n gasstoof aan die brand geslaan, draai onmiddellik die gastoevoer toe. Gasbottels tot en met 19,0 kg mag binne die huis geplaas wees, maar alle groter/swaarder gasbottels moet volgens wet buite die huis volgens spesifieke spesifikasies geplaas word.
- As voedsel in ‘n oond aan die brand slaan, maak onmiddellik die oonddeur toe en skakel die krag af. Blus die brand daarna met ‘n brandblusser .
- As materiale soos gordyne, beddegoed, klere, sitkamerbanke, ens. aan die brand slaan, blus dit met water.
- As daar baie rook is, hou ‘n klam/nat waslap, vadoek of handdoek oor jou neus en mond.
- As die brand buite beheer raak, maak die vensters en deure toe en ontruim die huis langs die vooraf beplande ontsnaproetes. Maak doodseker alle mense en troeteldiere is uit die huis uit en in ‘n veilige area. Doen bewustelik ‘n teenwoordigheidsopname. Moenie terughardloop en troeteldiere gaan soek nie.
Skakel onmiddellik Mosselbaai se Brandweer (044 691 3722, 044 606 5121 of 044 606 5107) en ‘n verteenwoordiger van Vleesbaai se Brandweerspan (082 058 0436 of 082 784 8238).
Vleesbaai se Brandweerspan
| Piet du Plessis | 082 058 0436 |
| Hendrik Coetzer | 064 913 6016 |
| Riekie van Rensburg | 082 784 8238 |
| Erich Gould (FMH Bewarea) | 082 416 0488 |
| Emmanuel Sefoor | 064 934 1683 |
| Kenny Moses | 071 172 2972 |
| Donovan Floors | 071 429 3837 |
| Stephen Kiewiet | 072 302 4739 |
| Nico Oktober | 064 320 9080 |
| Charl du Plessis | 084 888 0537 |
| Callie Möller | 082 569 6007 |