Noodplan

Noodnommers

BRANDWEER
Mosselbaai Brandweer 044 691 3722, 044 606 5121 of 044 606 5107

Vleesbaai Brandspan

Callie Möller

Kobus van Wyk

Riekie van Rensburg

Kei Heyns (FMH Bewarea)

 

082 569 6007

082 550 6620

082 784 8238

082 084 2791

POLISIE
SA Polisiediens 044 606 2805, 044 606 5600 of 10111
MEDIES
Ambulans 044 691 1911, 044 691 3170 of 10177
ER24 084 124 of 086 108 4124
MB Provinsiale Hospitaal 044 691 2011
MB Bay View Hospitaal 044 691 3718
Netcare 080 111 1911
SEEREDDING
Mosselbaai Brandweer 044 691 3722
NSRI 044 690 4322 of 082 990 5954
SAP Seaboarders 044 604 6500
VLEESBAAI
Vleesbaai Kantoor 044 699 1242
Vleesbaai Hoofingang 044 699 1570
Suid-Kaap Elektries 082 553 1020 of 044 690 3267

 

Noodontruiming

Algemene wenke vir ontruiming van ‘n woonhuis in ‘n noodsituasie

  1. Pak die volgende vooraf geïdentifiseerde items in ‘n tas of houer wat vinnig verwyder kan word (bewaar die tas of houer intussen veilig sodat ‘n inbreker dit nie kan steel nie).
  • Kaart en transport van die huis
  • Oorspronklike registrasiedokumente van al die voertuie
  • Laaste waardasie van die huis vir KWB doeleindes
  • Vuurwapenlisensies
  • Voorskrifte vir chroniese medisyne
  • Oorspronklike sertifikate van akademiese kwalifikasies
  • Oorspronklike sertifikate van beroepskwalifikasies
  • Testament .
  • Poliskontrakte vir pensioene, beleggings en lewens-, korttermyn- en begrafnisversekering
  • Identiteitsdokumente en paspoorte
  • Geboorte- en huweliksertifikate
  • Kaarte vir bank, rybewys, mediese fonds, ens.
  • Eksterne hardeskyf en/of geheuestokkie met alle persoonlike data
  • Ou foto’s en ander waardevolle persoonlike items
  1. Ontruim die woonhuis met alle inwoners, troeteldiere en die tas of houer en beweeg na een van die volgende versamelpunte:
  • In Hoekbaai die oop terrein voor die uitgangshek in Ysterhoutstraat
  • Vleesbaai Dienste se kantoorterrein
  • Die gemeenskapsaal in Hoofweg oorkant die kafee

Brandbestryding

Algemene wenke vir brandbestryding 

  1. Brandblussers:
  • Elke huis moet ‘n minimum van twee brandblussers van 4,5 kg elk hê. Indien ‘n 4,5 kg blusser te swaar is om te hanteer, kan dit vervang word met 2 of drie 2,0 kg blussers.
  • Plaas een blusser binne onmiddellike bereik van die kombuis en die ander op ander strategiese plekke.
  • Maak seker dat die tipe brandblussers wat aangeskaf word, meer as een soort brand kan blus. Op elke brandblusser is daar prentjies wat aantoon watter tipe brande dit kan blus.
  • Daar bestaan blussers vir:
    • Elektriese brande (elektriese bedrading van toebehore soos yskaste, muurproppe, waaiers, rekenaars, ens.)
    • Ontvlambare vloeistofbrande (kook-olie, petrol, verf, terpentyn, remvloeistof, ens.)
    • Droëmateriaal brande (hout, klere, linne, gordyne, papier, plastiek, ens.)
  1. Bêre verskillende tipe brandbare materiale uitmekaar (bv. swembadchloor weg van petrol), veral in die garage. Draai die deksels styf toe, want sommige stowwe gee gasse af en kan onder sekere omstandighede spontaan begin ontbrand.
  2. Brandblussers moet jaarliks gediens word. Al is die brandblusser met ‘n metertjie toegerus, is dit nie ‘n veilige indikasie dat die blusser nie gediens moet word as die metertjie nog in die groen is nie.
  3. Hou die erf skoon van brandbare materiaal soos indringerbosse/bome met dooietakke.
  4. Weet wie jou bure is en wat hulle telefoonnommers is.
  5. Dit word aanbeveel om rookalarms in huise te laat installeer.
  6. Beplan vooraf ontsnaproetes as daar ‘n brand in verskillende dele van die huis uitbreek.
  7. Bly kalm wanneer ‘n brand onstaan.
  8. As dit ‘n elektriese brand is, skakel dadelik die krag af. Moenie die brand met water probeer blus nie.
  9. As dit olie in ‘n pot is wat op die stoof aan die brand geslaan het, blus die brand met ‘n brandblusser of smoor dit deur die deksel van die kant af oor die pot te skuif. Moenie dit met water probeer blus nie.
  10. As dit olie in ‘n pot is wat op ‘n gasstoof aan die brand geslaan, draai onmiddellik die gastoevoer toe. Gasbottels tot en met 19,0 kg mag binne die huis geplaas wees, maar alle groter/swaarder gasbottels moet volgens wet buite die huis volgens spesifieke spesifikasies geplaas word.
  11. As voedsel in ‘n oond aan die brand slaan, maak onmiddellik die oonddeur toe en skakel die krag af. Blus die brand daarna met ‘n brandblusser .
  12. As materiale soos gordyne, beddegoed, klere, sitkamerbanke, ens. aan die brand slaan, blus dit met water.
  13. As daar baie rook is, hou ‘n klam/nat waslap, vadoek of handdoek oor jou neus en mond.
  14. As die brand buite beheer raak, maak die vensters en deure toe en ontruim die huis langs die vooraf beplande ontsnaproetes. Maak doodseker alle mense en troeteldiere is uit die huis uit en in ‘n veilige area. Doen bewustelik ‘n teenwoordigheidsopname. Moenie terughardloop en troeteldiere gaan soek nie.

Skakel onmiddellik Mosselbaai se Brandweer (044 691 3722, 044 606 5121 of 044 606 5107) en ‘n verteenwoordiger van Vleesbaai se Brandweerspan (082 569 6007 of 082 784 8238).

Vleesbaai se Brandweerspan

 

Callie Möller 082 569 6007
Kobus van Wyk 082 550 6620
Riekie van Rensburg 082 784 8238
Kei Heyns (FMH Bewarea) 082 084 2791
Philip Fourie 076 829 0610
Kenny Moses 071 172 2972
Joshua Plato 061 302 1099
Stephen Kiewiet 072 302 4739
Wyndham Moore 083 411 0190
Ferdi Linde 072 242 6086
Hannes Mills 082 789 2818
Fritz Mare 084 677 4120
Louis Uys 083 565 1425
Bart Saayman 044 699 1137
Van le Roux 083 679 4701
Johan  Geldenhuys 081 340 1992